You are here: Home Skin Disorder Eczema Eczema: Testimonials
Document Actions

Eczema: Testimonials


P Snyman – Ekseem

Net 'n kort briefie om te sê hoe ek voel na my 5de behandeling met Ultra Violet bestraling tesame met die aanwending van Classique room. My vel voel sag en nie meer so geirriteerd soos aan die begin van die behandeling nie. In die oggende staan ek nou op sonder dat die bed, soos voorheen, vol los velletjies gelê het en dit kompleet gelyk het soos 'n slang se vervel plek. Ek vind regtig baat by die behandeling tesame met u terapeute se professionele optrede waarvoor ek u hartlik dank.

Petro - Ekseem

12 Oktober 2005, Ja en ek is weer hier. Net vir 'n opvolg besoek by Dr Hardie en natuurlik om vir die dames by die kliniek te sien, room en sepies te koop. Hierdie dames is wonderlike terapeute, vriendelik soos altyd en dit is lekker om net in te loer. Ek het ekseem. Dr Hardie is die dokter wat my gehelp het, ek het ook vir my die Derma Lamp aangeskaf, Johnny wat dit vervaardig en verkoop het wonderlike diens aan my gelewer. Hierdie lamp is die beste, met die rome en sepies voel ek wonderlik, dit help waaragtig. Baie dankie aan almal wat deel oor my probleem gehad het, ek voel soos 'n "million dollars", mag julle geseën word.


Jop du Plessis - Ekseem

Sedert kinderjare ly ek aan erge ekseem. Dit kom en gaan en was op 'n manier onder beheer. Drie maande gelede het dit egter so erg geword dat ek nie meer geweet het wat om te doen nie. Kortisoonpille het verligting gebring maar sodra ek dit gestaak het, het dit weer opgevlam. Dr de Beer het my op die UV behandeling laat ondergaan plus die salwe en rome, CRéME CLASSIQUE CREAM or CRéME CLASSIQUE OINTMENT. Na 2 weke was dit 60% beter en 'n week later feitlik 100%. Ek kan die behandeling sterk aanbeveel - ek sal verseker terugkom as dit weer terugkom. Mens moet aanvaar dat dit nooit 100% sal genees nie.


Zelda Jansen van Rensburg - Ekseem

'n Antwoord op gebed!! My lewe het radikaal verander vandat ek 'n lig vir my aangeskaf het. Ek staan gereeld voor die lig en is ekseem vry 99% van die tyd.

Marieke Langer – Ekseem

Na baie rande later het ek hier uitgekom - en dit werk! My hande is nie meer seer nie en kan alweer vat. Dankie daarvoor.

Chanté (3 jaar) – Ekseem

Baie erge ekseem het ons letterlik slapelose nagte besorg, na agt behandelings van Fototerapie (wat 'n wonderlike uitvindsel!!) lyk en voel sy baie beter. Ons kry ook weer nagrus.


Melaney & Kirsten – Eczema

When a child has suffered like Kirsten and you think there is no more hope, and then there is! Hope is all there is. The treatment has given me and my child a new chance. She is the little girl she was meant to be. Thank you for what you have done for her. May God bless you all. Love


Petro – Ekseem

Baie dankie vir julle vriendelikheid en positiewe raad wat julle vir my gegee het, waardeer dit baie. Mag julle, wat julle doen, net voortdra aan almal. Baie Liefde en Dankie