261 views
Daleen (anonymous)

kan my dogter van 13 jaar oud die produk gebruik of is dit te sterk vir tieners?

Liewe Daleen,

Dankie vir die navraag.  Die produkte is beslis geskik vanaf daardie ouderdom.

Om in ‘n goeie roetine te kom en om ook vroegtydig aknee te verbeter sou ek die volgende, 2 x per dag in hierdie volgorde aanbeveel:

Cleanser,  dit is die seepvrye wasmiddel en enigste wat afgespoel word.

Beta Hydroxy Gel, dit bevat Beta Hydroxy Vrugtesure was as saamtrek- en (mikroskopiese) afskilfer middel dien.  Dit stimuleer ook die kollageen en is goed vir aknee.  Wend net ‘n paar druppels aan en laat aanbly.

Safari SPF40 Sunscreen, dit dien as dag en nag bevogtiger, sowel as goeie sonskerm. Dit kan veilig ook saans aangewend word.

 

 

You are viewing 1 out of 1 answers, click here to view all answers.