150 views
Annette (anonymous) Annette deleted answer

Hallo,

Ek wil graag hoor of ek op die regte pad is as ek die volgende produkte gebruik:

Soap Free Cleanser

Day/Night Alpha Moisturiser Plus

Beta Hydroxy Gel

Advanced Anti-Ageing

Glycolic Acid Peel (3 keer per week).

Dankie vir die navraag en hiermee die volgende voorstel:

Vermy eers die Day & Night Moisturiser Plus sowel as die Glycolic Peel, aangesien u reeds sensitiewe en rooi areas het.

Gaan dan voort met die volgende roetine:

Cleanser, was 2 x p.d. en spoel goed af.

Beta Hydroxy Gel, wend slegs ‘n paar druppels saans aan en laat aanbly.

Wend Advanced Anti-Ageing Cell Repair 2 x p.d. aan en laat aanbly.

Redness Control kan soggens aan die rooi areas gewend word, dit vernou die aartjies en bevat ook ‘n groen bestanddeel wat kosmeties die rooi neutraliseer.

Laastens,  OF die Safari Sunscreen SPF40 OF die Moisturiser with SPF 30 wat beide die sonskerm, sowel as die Dag en Nag bevogtiging bied.

  • As die vel goed aanpas by die boonste roetine, kan u later die Glycolic Acid 1 tot 2x p.w. aanwend vir so 30min en afspoel.  Die funksie daarvan is om soos ‘n ligte “peel” ekstra mikrokopiese afskilfering te bied en die tekstuur van die vel te verbeter..
  • Hierdie stap kan eers gedoen word en dan gaan u voort met die roetine.

 

 

 

 

 

E

You are viewing 1 out of 1 answers, click here to view all answers.