333 views
Maggie (anonymous)

Goeie dag.

 

Ek wil graag hoor wat om te doen ek het aknee en Psoriase in my gesig en altwee word net erger. Watter produkte kan ek gebruik wat vir albei sal help?

My psoriase op my lyf raak ook erger ek kort raad asb.

 

 

Sien uit om van jul te hoor.

Dankie vir die navraag.  Kom ons begin met die Psoriasis:  Daar is ‘n hele paar produkte wat waarde kan byvoeg.  Was met die Cream (Dry skin Moisturiser) of the Ointment (Psoriasis and Eczema) en alternatief met die Safari Cleansing Bar wat seepvry is.  Na afdroog kan daar dadelik weer met die Cream en/of die Ointment verroom word. As u in Pretoria woon, kan u ook suksesvol deur Isobel von Wielligh by Advanced Dermatology behandel word. Hul gebruik die nouband ultraviolet A & B lamp.  Hul no is:  012 809 6090.  Daar is ook die Coaltar en Zinc Pyrithione Shampoos wat groot waarde gee. Hul kan selfs afgewissel word.  Die Coaltar Cream kan 2 x per dag aangewend word.

Al die bogenoemde produkte is ook veilig vir aknee en kan dit ook verbeter.  Tot die Psoriase beheer word, is die enigste ander produk die Zinc skin and hair capsules.  Neem 2 per dag.Die lamp behandeling kan selfs aknee verbeter.

You are viewing 1 out of 1 answers, click here to view all answers.