231 views
Vanessa (anonymous)

Ek het nog altyd die probleem om puisies te kry van my ken na ore en ek is 32.

Ek het my gesig een keer met n growwe sponsie gewas en van daar af is my vel so droog dat dit flaky is maar nogsteeds uitslaan op my ken.

Het toe met die cleanser begin was, beta hydroxy gel na die was en dan day night moisturizer, maar na dit trek my vel baie erg. Niks help vir my vel nie, ek sit pure vit E aan, olyf olie, tot al my baba se bum cream probeer. Die ergste is my wange en voorkop. Wat sal help? En moet eo aanhou met doe produkte of veroorsaak dit om my vel meer uit te droog?

2 Answers

Jammer om van die kondisie te hoor.  Dit is nie raadsaam om die vel te skuur nie, liewer eers verder met ‘n Dermatoloog te konsulteer.  Dr Claudia het by dr de Beer oorgeneem en as jy in Pretoria woon, is sy by die volgende no beskikbaar:  012 343 5592.  Die Cream (dry skin moisturiser) en die Ointment is ook baie goed om die vel te verryk en te verroom. Hul kan beide as ‘n “seep” aangewend word, afgespoel word en weer aangewend word om die vel te verbeter.

Stop net eers die Beta hydroxy Gel wat wel ‘n bietjier kan uitdroog en die Cleanser en die Moisturiser with SPF 30 (NIE DIE DAY AND NIGHT ALPHA MOISTURISER NIE – dit kan irriteer)  behoort die kondisie te verbeter.

 

You are viewing 1 out of 2 answers, click here to view all answers.