182 views

Dit is die beste om op ‘n jong ouderdom aknee te behandel. Ons beveel ook aan dat ‘n Dermatoloog gespreek word as dit in ‘n erge graad is en soms voorskrif middels vereis.   Ons beveel graag die volgende produkte aan wat geskik is vir aknee.  Gebruik in hierdie volgorde:

*Cleanser, Seepvrye gesigwas, wat soggens en saans gebruik word en afgespoel word.

*Beta Hydroxy Gel,  is die “toner” en die “ex-foliater” en ‘n paar druppels word soggens en saans na die was aangewend oor die gesig en nek en aangelos.

Acne Gel, dit bevat Benzoyl Peroxide, wat geskik is vir swart en wit koppies en kan oor die areas aangewend word.  Neem kennis dat dit klere kan vlek en word vir beperkte tye aangewend, aangesien dit moontlik ‘n bietjie kan brand.

Evening Mask, dit genees en droog aknee en word op die aknee areas oornag aangelaat.

*Safari SPF40 Sunscreen, word die dag en nag bevogtiger, sowel as die sonskerm.  Dit sal nie aknee vorm of poriee blok nie, maar dit is noodsaaklik om aknee te bevogtig en nie net uit te droog nie.

*3 Permanente velsorg stappe.