448 views
Carin (anonymous) Carin deleted answer

Ek is 43 jaar oud en sukkel baie met hormonale aknee al my hele lewe lank. Ek kry weekliks nuwe aknee wat merke los en my vel vlek, veral om die neus en ken. Wat sal U aanbeveel vd aknee en veral my ouderdom en plooie wat nou vinnig begin vererger. Ek gebruik tans geen gesig rome nie. Slegs Heliocare se sonblok 50+ elke oggend.

Dit sal raadsaam wees om ‘n Dermatoloog te spreek oor die laat hormonale aknee en om aanvullende voorkrifmiddels te kry, maar die volgende in the Creme Classique Reeks sal beslis waarde gee.  Gebruik in hierdie orde, 2 x per dag:

Cleanser, seepvrye wasmiddel en enigste wat afgespoel word.

Beta Hydroxy Gel, dit is die “toner” en “ex-foliater”, wend ‘n paar druppels aan en laat aan. Stimuleer ook kollageen en goed vir aknee.

Rejuvenating Eye and Scar Serum help genees en vel verbeter, wend oor hele gesig aan.

Evening Mask kan oornag aangelaat word en is spesifiek vir aknee ontwikkel.

Spot Treatment, kan op die enkel aknee letsels aangewend word en help met genesing.

Moisturiser with SPF30, dit dien as sonskerm en dag en nag bevogtiger.