1.71K views
0 Comments

My seun (nou 18) het in 2015 baie erge acne conglobata gehad wat met Roacutane behandel is.  Dit het diep letsels gelaat in sy gesig.  Dit wil nou weer aktief raak, watter produkte kan ons gebruik sonder om weer Roacutane te gebruik?

In sommige gevalle kan erge aknee ‘n tweede kursur Roacutane (of generies) benodig.  Die korrekte sterkte vir die behandeling is ook van die grootste belang.  As jul in Pretoria woon, kan ons skoonheidskundige Jana eers konsulteer  (tel:  012 343 5512)  en ‘n behandelings program voorstel en dr Claudia Moloabi, (Dermatoloog) het dr Hardie de Beer se praktyk oorgeneem en kan ook gespreek word, tel:  012 343 5592.

In die Creme Classique reeks is die volgende produkte geskik en kan in die volgorde aangewend word:

Cleanser, seepvrye wasmiddel, 2 x p.d. en afspoel.

Beta Hydroxy Gel, “toner en ex-foliater” ‘n paar druppels, 2 x p.d. oor die areas en laat aan.

Acne Gel, wend 2 x p.d. aan en versigtig om nie klere te vlek nie, dit bevat Benzoyl Peroxide.

Evening Mask, wend saans oral op die aknee areas aan en laat oornag aan.

Rejuvenating eye and scar serum, kan 2 x pd oral oor die letsels aangewend word om genesing te bevorder.

Zinc Skin and Hair Capsules, neem 2 soggens met ontbyt. Zinc is baie genesend vir die vel, veral vir aknee.

Safari Sunscreen SPF40, bied sonskerm sowel as bevogtiging wat met die (moontlike) her-gebruik van Roacutaine nodig sal wees.  Dit is belangrik om die vel ook te voed en nie net uit te droog nie. Die Cream, dry skin moisturiser is ook ‘n veilige bevogtiger wat anti-bakterieel is en nie olierig nie.