50 views
Mellla (anonymous)

Goeie dag. Ek is 28 en ek het ‘n baie groot probleem met wit koppies op my gesig, rondom die neus, mond en op my ken. Dit bars maklik, maar is glad nie seer nie. Ek is nie seker wat my vel tipe is nie, omdat 2 verskillende mense, vir my 2 verskillende diagnosis gegee het, binne ‘n paar weke van mekaar. Ek het ook pigmentasie van stres en sonbrand op my voorkop en wange. Ek wil graag ‘n goeie dermataloog sien om my hiermee te help, ek is bang vir gemiese afskilferings, omdat my voring dermataloog my gebrand het. Kan julle vir my iemand voorstel en ook produkte?

Dankie vir die navraag.  As u in Pretoria woon, sal ek graag die volgende drs voorstel:  Drs Ramlachan en Ansley ,

Tel:  012 807 2411 (naby The Grove in die Wilgers).  Ons Laser Hair Clinic het baie ervare skoonheidskundiges wat die witkoppies en pigmentasie ook kan behandel.  As u hul skakel by 012 343 5512 kan hul eers gratis konsulteer om u inset te gee.

Uit die Creme Classique Reeks wil ek graag die volgende voorstel wat verbetering sal bied:

Was 2 x per dag met die Cleanser (soapfree) en spoel af

Wend ‘n paar druppels Beta Hydroxy Gel oor die gesig en laat dit intrek, dit dien as “toner en ex-foliater”. Dit is baie goed vir aknee en verbeter die kwaliteit van die vel.

Glycolic Acid Peel, moenie kommer nie, dit is ‘n flou 10% suur en sal nie irriteer nie.  Dit kan ‘n paar aande per week vir so 1-2 uur aangewend word en afgespoel word. Dit werk as ‘n ligte “peel” wat eintlik net dieper “ex-foliate” en tekstuur en voorkoms verbeter.

Acne Gel kan ‘n paar keer per week op die areas waar die witkoppies is, aangewend word.  Wees net versigtig vir die vlek van klere, aangesien dit Benzoyl Peroxide bevat.

Evening Mask kan ook oornag aangewend word op die areas en sal dit verbeter/

Dit is baie belangrik om aknee ook te voed en nie net uit te droog nie.  Die Moisturiser with SPF30 is uitstekend en sal nie verder poriee blok of nog aknee vorm nie.Dit bied sonskerm sowel as bevogtiging, of gebruik dit soggens en die gewone Facial Moisturiser saans.

Laastens is dit goed om 2 van die Zinc, Skin and Hair capsules soggens met ontbyt te neem.  Zinc genees.  Ons help graag verder.