Op die oomblik gebruik ek eerste die cleanser, beta hydroxy gel, spot treatment en dan die sonroom. Ek kry steeds aknee op my ken en ek is 25. Watse produkte kan ek nog gebruik om dit te verhoed of selfs net minder te maak? Is dit nodig om die Rejuventation eye & scar serum asook die anti-aging te gebruik of kan ek net een van dit gebruik? Ek het dit oorweeg om die Acne gel te kry asook die evening mask om by te voeg by my bestaande roetine. Jou raad sal waardeer word rakende die produkte wat ek moet gebruik asook die volgorde wat dit gebruik moet word.
Dankie
Dankie vir die navraag.
Die Acne Gel, Evening Mask en Rejuvenating Eye and Scar Serum kan ook waarde byvoeg .
Die basiese stappe is as volg:
*Cleanser, was en spoel 2 x p.d.
*Beta Hydroxy Gel, slegs ‘n paar druppels 2 x p.d. en laat aan.
Spot Treatment, slegs ‘n paar keer per week op die aknee areas.
Acne Gel, ‘n paar keer p.w. oor die aknee area. Dit kan klere vlek en moontlik bietjie branderigheid veroorsaak.
Evening Mask, wend ‘n paar keer p.w. aan oor die aknee areas en laat oornag aan.
*Safari SPF40 of die Moisturiser with SPF 30 as dag en nag bevogtiger sowel as sonskerm.
Die Advanced Anti-Ageing Cell Repair Serum kan ‘n bietjie later net voor die sonskerm/bevogtiger aangewend word nadat die aknee verbeter.
*hierdie 3 stappe vorm die basiese sorg.
‘n Besoek aan ‘n Dermatoloog of ‘n skoonheidskundige kan ook bydra.