197 views
Renate Janse van Rensburg (anonymous)

Ek is 42, vroulik met die eerste tekens van veroudering sowel as vlekke na drie swangerskappe op my gesig. My vel is olierig. Watter produkte sou julle aanbeveel?

Dankie vir die navraag en daar is ‘n paar produkte in die reeks warby u gaan baat.  Gebruik dit in hierdie volgorde:

Cleanser, seepvrye wasmiddel, 2 x p.d. en spoel af.

Beta Hydroxy Gel, “Toner” en “ex-foliater” wat ook 2 x p.d. aangewend word, slegs ‘n paar duppels oor die gesig en laat aan.

Blemish Lotion, wend ook 2 x p.d. aan en laat aan.  Dit help vir die vermindering van pigmentasie.

Advanced Anti-Ageing Cell Repair Serum, bevat uniek al 3 Polipeptides wat die kollageen diep penetreer en vernuwe doen.

Moisturiser with SPF30  OR  Safari Sunscreen SPF40, wat ook die nag en dag bevogtiger word, sowel as sonskerm bied.

Dit is raadsaam om met bogenoemde 5 te begin en u kan ook die Glycolic Acid tussenin aanwend – 2 – 3 x pw.(net voor Advanced Anti-Ageing Cell Repair), laat dit sommer tot selfs ‘n uur aan en spoel af. Dit is soos ‘n “home peel” en sal dieper “ex-foliation” doen en die kwaliteit van die vel verbeter.