206 views
Karien Swart (anonymous)
  1. My dogter sukkel met oopwond op haar wang, sterk medikasie deur haar algemene huis dokter voorgeskryf en gebruik sonder enige sukses. Hy het haar verwys na chirurg.
  2. Chirurg het begin Mei 2018, gesê is septiese vetklier en uitgesny.
  3. Sy sukkel nog steeds met die wond op haar wang, wat nie gesond word nie.
  4. Is daar enige salf wat u as dokter kan aanmaak vir haar. As baba het u haar gedokter vir septiese kinderroos  wat wonderbaarlik genees het.
  5. Sy het nie medies op die stadium nie omdat haar man skielik retrenched is en nog wag vir enige betaling van sy werkgewer.
  6. U raad word regtig waardeer want ons is moedeloos.

Liewe Mev.,

 

Dankie vir die skrywe,

Dis jammer om te hoor dat hul nie ‘n Mediese Fonds het nie, aangesien sy eers nog ‘n Dermatoloog sou moes sien.  U weet dalk nie dat dr Hardie de Beer hartseer in Desember oorlede is nie.  Dr Claudia Moloabi het die praktyk oorgeneem en sal u graag kon sien, indien jul in Pretoria woon.

Uit die Creme Classique Reeks is daar ‘n paar produkte wat wel aanvullend kan help:

Creme Classique Cleansing Bar – antibakteriele waarde, sowel as zinc wat baie genesend is.Was ‘n paar keer per dag.

Zinc skin, and hair supplements – weereens, vir die zinc wat genees, 2 x kapsules per dag.

Cream dry skin moisturiser en die Ointment (psoriasis and Eczema) – albei bevat ook antibakteriele waarde en kan op die gesig as “seep” aangewend word, afgewas en weer as verroming aangewend word.

Kan sy nie moontlik weer met die oorspronklike sjirurg spreek om die wond te wys nie?