2.04K viewsEczema
0 Comments

Goeie middag

Watter room kan ek gebruik vir my hele lyf. My lyf is sensitief en slaan uit veral nou in die somer. N room wat ek soggens en saans aan my hele lyf kan smeer om irritasie te voorkom?

Groete

Nicolene Asked question 2019-10-06

Dankie vir die navraag en ek stel graag die volgende in die Creme Classique Reeks vir u voor:

Daar is 3 produkte waarmee u alternatief kan was: Die Cream (dry skin moisturiser), Ointment (for Psoriasis and eczema) of dan die Safari Cleansing Bar wat seepvry is, zinc vir genesing bevat en ook anti-bakteriele waarde het. Die Cream en Ointment kan aangewend word oor die hele lyf as ‘n “seep”, afgespoel en weer aangewend word na afdroog. Dit kan ‘n paar keer per dag aangewend word om die vel vogtig te hou en irritasie te voorkom. Belangrik is ook om die korrekte sjampoe te gebruik vermy kommersiele sjampoes en die Zinc Pyrithione Shampoo sal irritasie voorkom en nie verder die kondisie ontlok of vererger nie.
Vir erger kondisies kan die Coaltar Cream 2 x per dag aaangewend word.
U kan bedags die Cream aanwend en saans goed met die Ointment invryf. “n veilige sonskerm is die Safari SPF 30 Sunscreen. Nie olierig nie en sal nie irriteer nie. Dit bevat ook ‘n bevogtiger.

Dr Hardie de Beer, die Dermatoloog wat die Reeks ontwikkel het, het ook groot klem gele op die omgewingsfaktore wat die kondisie verder irriteer en selfs kan ontlok:

Spanning, werkstres en vrese, water (vinnig in en uit baddens/swembaddens), Kommersiele sepe, sjampoes, nylon en dra liewer katoen, sweet, vermy hitte en bly koel, sand, gras, wrywing van klere, skottelgoed middels, Handy Andy,sure, sement, petrol, oplosmiddels.

Moenie skroom om vir nog raad ons te kontak nie.

christa van vuuren Changed status to publish 2019-10-07