191 views
0 Comments

Ek is 55, het n kombinasie vel(baie olierig oor voorkop en neus). Vel slaan uit as ek romerige “cleanser” gebruik, so verkies seep. Watter produkte beveel u aan asb?

Dankie vir die skrywe.  Ons beveel graag die volgende stappe aan om mee te begin.  Dit is eers goed om die vel aan die stappe gewoond te maak en daarvolgens die reeks te kan evalueer.  Gebruik hul in hierdie orde:

Cleanser, seepvrye wasmiddel,(nie ‘n room nie),was 2 x per dag en spoel goed af.

Beta Hydroxy Gel, word die “toner en ex-foliater’, wend ‘n paar druppels 2 x per dag aan en laat aanbly.  Dit help ook met olierigheid.

Rejuvenating Eye and Scar Serum.  Wend 2 x per dag om die oe en mond aan.  Laat aanbly. Dit help vir ploeie en help met verjonging.

As dag en nag bevogtiger kan die Moisturiser with SPF30 as bevogtiger en sonskerm dien.  Dit is nie olierig of blok nie poriee nie.

Ons kan verder vir u leiding gee as die bogenoemde aanpas by u behoeftes en hoor graag weer van u.