Goeie Dag
Ek sit ook met n psoriase kors op my kop agter onder net bo haarlyn dan op tot op die draai van die skedel. Het voorheen baie meer gehad en dit het weg gegaan, maar hierdie kors bly net daar. op die oomblik word dit nie groter nie, maar dit jeuk ongelooflik baie, so baie dat ek van die droee vel af krap.
Ek het begin om van julle shampoo te gebruik. Het begin met die Tar shampoo en het n week terug begin met die Zinc shampoo, eks nie seker of dit help nie, die Zinc shampoo maak dit nog meer jeuk. Die Tar shampoo het ek ook nie rerig n verkil agter gekom nie.
Het al baie ander voorgekrewe shampoo en rome probeer, maar die rome maak my hare net olierig en daai shampoos is net ongelooflike duur vir die hoeveelheid wat jy kry.
Enige raad sal waardeur word….
Ek is al moedeloos
Baie dankie vir die skrywe. Daar is ‘n paar produkte in die reeks wat spesiaal vir Psoriase geformuleer is. Primer is dit natuurlik goed om eers met ‘n Dermatoloog te konsulteer. As u in Pretoria woon is daar dr Claudia Moloabi wat verder voorskrif behandeling kan byvoeg.
Die 2 shampoos kan afwisselend gebruik word. Hou tog daarmee aan, aangesien gewone shampoos die kondisie erger kan ontlok. Die shampoos word dan met die volgende kombinasie gebruik: Die kopvel kan ook met die Coaltar Cream ingevryf word en oornag aangelos word. Daar kan ook met die Cream, dry skin moisturiser, of die Ointment as “sepe” gewas word en dan ook telkemale weer aangewend word, om die droogheid te voed en die afskilfering te beheer. Die Safari Cleansing Bar is ook goed om mee te bad en hare mee te was, dit is seepvry en antibakterieel.
Dan is daar ook groot sukses met die nouband ultraviolet A en B Ligbehandeling wat deur Advanced Dermatology in Silverlakes Pretoria gedoen word. U kan gerus Isobel v. Wiellich by 012 809 6090 skakel. Ons hoop u kan verbetering kry.