2.95K views
0 Comments

Goeie Dag,

Ek sukkel met psoriase op my kopvel. Dit jeuk ongelooflik en dit was altyd nie so erg nie, maar die laaste tyd versprei dit nogal erg op my kopvel. Wat kan ek dalk gebruik om dit beter te kry? Ek is nou al redelik raad op en moedeloos.

Dankie

Daar is heelwat uit die reeks wat veral vir Psoriase help.  As u in Pretoria bly, is dr Claudia Moloabi, die Dermatoloog, goed gekwalifiseerd en kundig oor die kondisie en sou dit raadsaam wees om ‘n konsultasie met haar te maak. Sy kan dan die voorskrif produkte voorsien.

Die volgende produkte kan verbetering gee:

Coaltar Shampoo en die Zinc Pyrithione Shampoos kan afwisselend gebruik word om hare te was. Vermy alle komersiele shampoos.

Die Safari Cleansing Bar is seepvry en die hele liggaam en hare kan ook daarmee gewas word. Dit het anti-bakteriele waarde en bevat ook zinc vir genesing.

Die Cream (dry skin moisturiser) en die Ointment for Psoriasis and Eczema kan beide as “seep” aangewend word, afgewas word en dan weer telkemale daagliks aangewend word om die areas te bevogtig- ‘n noodsaaklikheid met die kondisie.

Daar is ook ‘n Coaltar Cream wat oor die hele kopvel aangewend kan word en oornag aangelos kan. Plaas net ‘n handdoek op die kussing.

‘n Waardevolle behandeling word deur Isobel (fisioterapeut) gegee by Advanced Dermatology wat met die nouband ultraviolet A en B lamp goeie sukses behaal.