Baie dankie vir die navraag. Daar is ‘n paar produkte wat verbetering sal gee: Die Ointment (for psoriasis and eczema) sowel as die Cream (dry skin Moisturiser) kan as “seep” aangewend word, spoel af en wend een / of die ander aan as ‘n verromer wat die irritasie onder beheer hou. Die Coaltar Creamoaltar kan ook 2 x pd aangewend word. Die Coaltar Shampoo en afwisselend die Zinc Pyrithione Shampoo is uitstekend vir die verbetering van die kondisie, aangesien shampoo op die gesig kom.en goeie verbetering bied. Nog ‘n wasmiddel is die Safari Cleansing Bar wat seepvry is en ook zinc bevat wat genesend is. Vermy te veel kontak met water, hitte,spanning, chemiese middels en huisskoonmaakmiddels.
Dit is goed om kortisoon in ‘n verdunde vorm aan te wend en dus kan u die volgende voorskrif by u dr kry: Persivate 60g, gemeng in ‘n pot Ointment. Wend die mengsel tot 3 x pd aan, Dit kan weer aangewend word as die kondisie oopvlam em hou daarvan opsy vir dit. As u die Ointment effe vetterig vind, kan die Persivate ook in die Cream gemeng word.
Baie suksesvol is ook die behandeling by Advanced Dermatology, Isobel is die fisioterapeut, Sy doen die Nouband Ultraviolet A & B Ligbehandeling wat baie sukses bied. As u in Pretoria woon, is die no: 012 809 6090.