1.73K views
0 Comments

Geagte dokter.

Ek sukkel die afgelope sewe jaar met winterhande. My hande en neus  vertoon rooi in die winter, en sodra somer aanbreek is daar n effense verbetering in kleur,alhoewel dit nog lig-rooi vertoon. My ore se kleur lyk vlgs. my normaal.

Ek wil graag weet of die mediese wetenskap tans slegs   die simptome  van die probleem  kan aanspreek ,en of daar miskien  n permanente oplossing vir die probleem kan wees.  Het verneem dat kortisone-room verligting kan gee,maar vermoed dit spreek net die  simptome aan , sonder om die daadwerklike oorsaak daarvan te verwyder, en het  bowendien newe-effekte.  Adelade??(waarskylik n spelfout!) pille sal waarskynlik nodig wees om die are te open.

Is n operasie die uiteindelike en gewenste  oplossing  as bg. medikasie nie wil werk nie? Baie dankie vir u  gereelde bydrae tot Pretoriafm se Net- medies  program .Ek luister altyd  graagte  na u deskundige raad en advies op die program.

Ek het nou net dr Claudia Moloabi, wat dr Hardie de Beer se praktyk oorgeneem het, gevra oor u navraag.  Winterhande is ‘n Dermatologiese kondisie en sy sou dit verkies as u eers konsulteer, aangesien daar ‘n spektrum van moontlikhede is wat wel verligting kan bring. Aanvullend uit die Creme Classique reeks ook.